7. My Naaste (6)

Naasteliefde

Nét omdat jy my naaste is

wens ek vir jou:

dat jou ruimtetuig

meteoriete kan weerstaan

ook dat jy moet dink

dit is net op Saturnus

waar eensaamheid stil galm –

dat net in dié tronk se ringe

seer woorde sirkel.

Vir jou moet verraad

ver weg wees

soos die verste ster,

vernedering moet vir jou

nie eers in ‘n ander kosmos

kan bestaan!

Mag dié waan waar word

oral waar jy in jou tuig gaan!

Ek wil jou tot seën wees…

net omdat jy my naaste is

wil ek jou in ‘n wentelbaan plaas

daar moet jy voel

dat net op Saturnus

eensaamheid is

net in dié tronk se ringe

seer woorde sweef,

vir jou moet verraad

dálk skuil in die verste ster,

verwerping

moet nie eers in ‘n ander kosmos

kán bestaan,

in hierdie wentelbaan

wil ek vir jou tot seën wees

sodat jy hierdie lewensreis

vreesloos kan leef !

Omgeeharte

Wrokkorse om harte beskerm

teen verwerping

teen onreg

vulkaanharte lek ysterrooi

verkrimp wat voorkom

tot ‘n grysswart dal van dood

wat lê en smag

na die Ewige Planeet

se soel koel geisers

wat sag salwend sal sproei

korse sal deurweek

en lawaharte sal lawe…

As die swaar kom

Die winter klamp sy koue kloue

en sleep ons hakskeenspore

deur dik lae blare

deur nare hees winde

waarin onwillige bome

hulle koppe opstandig buig.

Ons word neergesit

voor ‘n kaal boom

waaraan fyn, liggroen blare

en pienk bloeisels

ons moes verbly het

tog: in seënbeelde van ‘n vorige lente

bloei die wete

dat dit wat winter was,

onherkenbaar sal toegroei

(San Dreyer)

Onbeholpe

Ek sien jou raak, ek sien jou seer

en ek sien jou pyn,

maar ek weet nie wat om te doen

om dit vir jou beter te kan maak.

In my onbeholpenheid

voel ek die onsekerheid –

daarom voel ek sleg

en draai ek weg,

maar dan doen ek wat ek ken:

ek dra jou op en ek bid vir jou!

(San Dreyer)

Gevangenes

Jou oë skree van ‘n vernielde siel

wat té lank in leed gekluister was.

Droë trane het die blink verdof

tot ‘n ewige fokus na binne

waar dit die seerste bly.

Soms maak jou moeë oë tóg kontak –

om net terug te vlug

en vasgekeer in te staar

op die leed vir jare al bewaar.

Stom en dom vasgevang

in ‘n naaste se leed

bly ons oë terugdwaal na jou

(San Dreyer)

Advertisements

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.