9. Retoriese vrae (2)

Antwoorde

Ek weet nie

hoe ver my walvisreis is

tussen die kontinente

van bevrugte vrae en antwoorde nie.

Ek trap water by die waaroms

van ongewensde kinders

en leë moederskote

wat onvrugbaar smag

na ‘n gewensde.

Volterm swem ek tussen hoekoms:

ek weet nie hoekom

ons so skei nie

en gesinne dan so ly nie.

Dan duik ek diep

maar daar is dié

wat nié skei nie

en mekaar verslind.

Met die asemskep

teister dit my

waarom mense wat wil liefhê

dit net nie kan regkry…

By die strand van geboorte

skeur doodgebore antwoorde

vreemd stil uit my.

Ondergrondse biblioteek

In rommelgeboue in Daraya

soek en grawe seer siele

na boeke:

deur vlieënde bomme en skrapnel

word dit aangedra…

ook opgeskryf, getel

deur Amjad (net veertien jaar)

wat ook sy ma leer lees!

Wat is aan ‘n boek

dat in ‘n oorloghel

mense sonder vrees

na ‘n biblioteek sluip

om net tussen boeke

te kan wees?

Advertisements

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.