Die realiteit van omgee
vir ons almal gun ek
‘n realistiese liefde
ek gun ons nie
die arme hulpelose prinses
wat heel selfstandig geld kan spandeer
ook nie die gierige, ryk prins
wat nooit huis toe keer…
ver bo hierdie sprokietragedies
wens ek ons almal toe:
twee mense
met tussen hulle ‘n skatkis
waaruit hulle juwele kan haal:
die diamant om te kan aanvaar
wie en wat elkeen werklik is,
die goud van vergewe en omgee
deur dit alles hulp gevleg in silwer drade van geduld
en om beter te kan verstaan –
die pêrel van intens luister