Ons is nie alleen nie…

Ons is nie alleen nie…

‘n Mens kan nogal voel dat jy nie gebore instaat is om die 10 gebooie, die vrug van die Gees (soos beskryf in Gal. 5: 22-23), Jesus se leringe en sommer die res van die Bybel ooit te kan leef nie.

As jy so dink is jy reg. Maar wie het gesê jy moet dit alleen regkry?

Galasiërs 5:16

Julle moet julle lewe deur die Heilige Gees laat beheer.

Laat Hy aan die stuur staan van alles wat julle dink, doen en sê.

(Bybel vir almal 2007)

Eerstens moet al bogenoemde gesien word as ideale van God vir jou denke, emosies, woorde en dade.

Tweedens moet jy begeer om so te kan wees. Waarom nie? Dit is God se beter plan vir jou. Wat is dit wat jy wil bewys deur so stoksielalleen in jou eie plannetjies voort te ploeter? En: waarom wil jy iets bewys? En aan wie?

Daar is ‘n makliker manier! Gaan lê op jou bed. Sprei jou arms oop, maak jou oë toe en sê:”Heilge Gees help my asseblief om die mens te word wat God begeer.”

Moenie moedeloos raak nie. Vra vir hulp.

Baie gelowiges voel as hulle een keer die Heilige Gees se hulp ingeroep het, het hulle mos hulle gesindheid gewys. Nou moet die Heilige Gees elke dag opdaag! Die waarheid is ons leef nie net een dag nie. Ons sukkel nie net een dag om die regte keuses te maak nie. Ons leef ‘n hele lewe. Dus maak dit sin dat ons in hierdie lewe elke dag en selfs ontelbaar kere op ‘n dag sal sê: “Heilige Gees, asseblief help my, kies U vir my, gee U vir my die slim planne, plaas U die woorde in my mond.”

Net so belangrik as vra, is om dankie te sê vir al die hulp. Moenie na jou suksesse dink jy is darem sus of so nie. Onthou -ons wil mos niks bewys nie!

Die waarheid is dat ons deur die Heilige Gees gehelp is. Erken dit en sê dankie, dankie…

Hy was ons genadig om ons te help.

Volgende:

En as ek bly sondig?

Advertisements

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

One thought on “Ons is nie alleen nie…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.