Gedig

Is jy ook verstom oor hoe mense wêreldwyd hulleself posisioneer in leiersposisies en net daar is vir eie gewin? Hoor jy hoe hulle in weelde swem? Daarom hierdie gedig oor die geldboelies.

Wêreldwyd monster die geldboelies

hoe lyk jy binne

jy wat in duur pretensie

jouself niks ontsê

elke wet ignoreer

die gereg se lang arm amputeer

– vir jóú oorvloed!

wat laat jou onversadig

miljoene van jóú mense steel

hoe lyk jou siél

dat die miljoene

nét jóúne moet wees

uit watter hel

is jy gestuur om op aarde

jou tande in biljoene te slaan –

terwyl jóú mense moeg gespartel

in die kake van armoede lê

Advertisements

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.