Wintermooi

Wintermooi

op ‘n wintergeel grasperk

lê sagte grys takpatrone

teen die saffierblou

skryf in fluweelbruin

reikende takke ‘n boodskap

al swewend brei duiwe daarop uit

die laaste rooigeel blare

verstil, lees die hemel

wag dan hoopvol dat die mens

sal opkyk, lees, verstaan:

selfs uit winters van swaar en seer

sál die mooi manifesteer

Advertisements

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

One thought on “Wintermooi”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.