Kwaliteite van ‘n ware leier

Voor die verkiesing het die vraag by my herhaal: wat maak van iemand ‘n leier?

Mense om my glo ‘n leier moet ‘n sterk persoonlikheid hê en ‘n goeie spreker wees.

My ervaring is dat mense keer op keer die ryk, bombastiese, grootbek boelie as ‘n leier verkies. En dan word almal geboelie en die ontevredenheid met die leierskap begin van vooraf. 🙃🙃🙃

Eerstens moet ‘n leier korrupsie met ‘n passie haat. ‘n Ware leier is nie omkoopbaar nie!

‘n Leier moet ál die mense van sy land (alle nasionaliteit ja!!) WIL laat ontwikkel, laat groei, aan hulle welvaart en werk gee. En hy moet ‘n doener wees om dit te kan doen! Hy moet kan bestuur, beplan, uitvoer, kontroleer, herstel, verbeter en ander hierin lei en oplei.

‘n Ware leier is regverdig in wat hy vir alle nasionaliteite begeer en hy werk baie hard om hierdie doel te bereik. Hy stel die voorbeeld en lei sy helpers deur hierdie voorbeeld.

Jammer, ek ken nie sulke leiers nie!

Advertisements

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.