Die bron van geluk

Die bron van geluk

in die kelder van my brein

kry ek vir Dankbaar

hy kyk lank, wetend na my

kla my dan aan –

dat ek hom vergeet!

My skuld klem my stem

ek kan net knik –

dat ek besef, weet…

Dankbaar sluit sy hartseer oë

sonder dat ek dit werd is

bid hy vir my:

“O, Heer, gee dat sy kan raaksien

hoe U haar seën!”

My stem stoei om vry te wees:

“Amen! Laat dié bron van geluk

ook myne wees,”

beaam ek pleitend en hees.

Advertisements

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.