Die wens vir aanvaarding

Die mens se grootste innerlike swakheid is sy begeerte om onvoorwaardelik aanvaar te word.

Hierdie begeerte maak ons weerloos. Ons sal baie doen of opgee daarvoor.

Omdat ons dit weet, behoort ons aanvaarding vryliker uit te deel. Dit vra bloot vriendelikheid, ‘n glimlag, respek en om te help waar ons kan. Dit is dus naasteliefde.

😙 Onthou dit veral met almal wat anders as jy is ennn die skoonfamilie😃!

Onvoorwaardelike aanvaarding is die grootste geskenk wat ons ‘n naaste kan gee.

——————–

Goedkeuring

Daar is ‘n knellende ketting
wat jou vasgevang wurg:

‘n ketting deur jouself
om en om jou gedraai:

ander se goedkeuring wat jou gelukkig moet hou…

Dit is ‘n ketting
waarvan die knel roep:
buig ‘n skakel oop
stap vry weg
van die een
met sy stywe nek
in sy eie ketting
wat arrogant van jou
sy goedkeuring weerhou!

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.