Oorgee

Ons drang om onsself te bestuur, laat ons vergeet van die dream team: Ons en die Koning van die heelal. Die wenspan vir wie alles moontlik is! Ons sukkel self voort terwyl die keuse daar is: vra God om te help en gee Hom die eer vir die sukses – só maklik (as jy dit kan aanvaar dat alle eer God toekom!)

Wil jy sukses beleef? Maak die keuse vir die wenspan. Nooi God om jou te help met alles en na die sukses eer jy hom!

______________

Oorgee

uit die wil om self te beheer

nooit te wil oorgee

ontkiem die vrees vir misluk,

groei werkdrang welig

tot ‘n onkruid buite beheer

blom daar ‘n leegheid

gedy ‘n eensame seer!

tog, in die oorgee aan sy Gees

kom daar ‘n simbiotiese eenheid

tussen God en mens –

met vrees bloot

‘n uitgerukte onkruid:

nutteloos, eenkant in ‘n diep sloot

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.