Dankie dat ek mag!

Hierdie gedig is vir my liefie van 42 jaar. Ek sê dankie op ‘n dieper vlak…


Dankie dat ek mag!

Ek mag jou ruimte betree

jou lewe deel

naby jou siel kom…

——-

Stadig, rustig mag ek

jou wysheid indrink

mildelik en verniet vir my

van jou insig skink.

——-

Ek mag vertrou

dat jy my getrou

styf in jou omgee

toe sal vou.

——-

Jy is my wonderwerk, my seën

van jou sal ek

nooit genoeg kan kry

– daarom wil ek vir altyd

by jou bly!

– Dankie dat ek mag!

(San Dreyer)



Published by

httpafrikaansegedigte.wordpress.com

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.