Kortverhaal

Nee, dit is nie nuut nie!

Ek het lank net water getrap. Gewag en gewag dat al die nuut in my brein insink. Die nuut van ‘n lewe na ‘n geliefde se dood.

Die doel van hierdie nuwe lewe is minder ooglopend. Ek dwaal soekend in my brein se kronkelgange. Roep dat ek wil weet wat my doel nou is.

Die enigste antwoord is ‘n dom, galmende stilte. En dan sink dit in: die antwoord skuil elders. Ja, skuil…

Die wit plafon kyk stil op my af. Sonder ‘n antwoord. Staar net na my… Met moeë oë, dowwe brein staar ek terug.

Ek draai my kop. Op my spieëltafel is ‘n replika van ‘n Piëta. Sou dit my nuwe doel kon verduidelik?

As tiener het ek die beeldjie vir my ma gekoop. Na haar dood het ek dit in ‘n klein kassie teen die gangmuur gekry. Veilig bewaar. Ek het dit dadelik aan myself bemaak…

Die beeldjie herhaal die tragiese gebeure ná die dood van Jesus. Intens kontoer my oë die lyne, die lyding. Maria se kop is geboë. Christus lê dood op haar skoot. Sy pyn van verwerping was ook haar pyn. Selfs na sy dood…

Michelangelo het met groot insig die liefde van ‘n ma uitgebeeld. Hy wys tot waar ‘n ma se ondersteuning sal strek – verby die grootste ellende! Tot dáár waar jou mense jou die nodigste het.

In my roep ‘n doel: Só wil ek my gesin help, ondersteun, vashou. Deur pyn, deur beproewing, deur eensaamheid…

God wil hê ek moet sy hande wees. Liefdevolle ondersteuning gee! Dít sal sy geliefdes Hom laat eer:”God het vir my iemand gestuur!”

Is dit nuut? Nee. Dit was nog altyd die hoofdoel. Sal altyd almal se hoofdoel wees…

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

One thought on “Kortverhaal”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.