Een van my gunstelinge

Ek sukkel met die uitleg vandag. Die laaste reëls moet almal een strofe wees. WordPress weier om dit so te doen???

Geniet die beeldspraak in hierdie gedig. Inderdaad word baie stede in die wêreld rondom riviere gebou – met natuurlik baie brûe om alles te verbind en ‘n groot eenheid te maak.

Parysliefde

weerskante van die rivier
het ons elkeen
op sy eie oewer gestaan
voor ons het diep vreemde waters
die skeiding beaam…


tog was daar die moed
om die waters te toets
mekaar halfpad te ontmoet
ons het toegelaat
dat sagte druppels ons leer
dat ons genade en seën op mekaar moet laat reën

golfies het ons veilig omkring groter uitgegolf

ons liefde ‘n Seinrivier gemaak
die Sein het ons oewers verenig in ons eie Parys –

met ‘n eie Eiffel
wat oor ons liefde waak

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...