Van mens tot mens

In die woude van Ontario

blom daar in wit die Trillium

drie gepunte kroonblare

(aanvaar, geduld en omgee)

vorm ‘n brose skoonheid:

‘n woudblom wat vir mens en dier

die lewenswoud versier –

maar ook nooi

om van mens tot mens

Trilliums aan te gee

sodat tussen ons

aanvaar kan groei

geduld bly bloei

omgee ewig wit sal blom

want met ‘n Trillium tussen jou en my

sal in óns lewenswoud

die liefde sonder ophou gedy

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.