Hoe wys jy liefde aan God?

Omdat ons in ‘n verhouding met God staan, is dit ‘n vraag waaroor ons moet nadink. ‘n Vraag wat beantwoord moet word.

Die verhouding kan nie net van God se kant af kom nie. Ons moet ook ons liefde bewys – op ons beperkende, menslike manier. Die beperkinge moet ons nie afsit om ons liefde te betuig nie. Dit gaan oor jou gesindheid – om graag vir God te WIL wys dat jy hom liefhet. Die gesindheid hier is: graag wil!

Met my hele verstand glo ek die volgende is wat God van ons verwag:

Ons moet ons oorgee aan die Heilige Gees. Vir God vra dat die Heilige Gees besit sal neem van ons wil, ons begeertes, ons keuses en ons besluite. En dit is nie genoeg nie. Ons moet ook vra dat Hy besit sal neem van ons gedagtes, woorde, emosies en dade. Ja, ons hele boonste verdieping! 😀😀😀

Nooi die Heilige Gees om daar te woon en dit alles vir jou te bestuur soos God dit wil hê. Dít is ‘n ware liefdesbetuiging aan God. Jy hou jou nie slim nie. Jy nooi elke dag vir God om jou te bestuur. Waar kom ek aan hierdie gedagte? In Galasiërs.

Ons vra egter nie selfsugtig dat die Heilige Gees nét ons moet bestuur nie. Ons vra dit vir almal. Want dit is wat God wil hê. Omdat ons Hom liefhet wil ons aan Hom gehoorsaam wees en ons naaste liefhê: daarom vra ons dat hulle ook deur God bestuur moet word.

In Job sê God Job moet vir sy vriende bid.

Ek het ‘n baie spesiale gebed wat ek baie gereeld bid:

Here neem asseblief besit van elke mens op aarde en dié wat nog gebore gaan word. Bestuur ons asseblief. Moet ons asseblief nie aan onsself oorlaat nie.

Kan ons regtig onsself bestuur? Ek dink dit is verskiklik dat ons onsself wil bestuur. Wat is die gevolge daarvan? Onder baie, baie moeilike werksomstandighede het ek jare terug besluit ek gee maar oor. Ek het te veel gesukkel in die lewe.

Dit is egter eers ‘n paar jaar terug dat ek besluit het dít is hoe ek my liefde aan God bewys – ek gee toestemming dat Hy my bestuur.

Wil jy nie ook op hierdie manier jou liefde aan God bewys nie? Dit het my as mens wonderlik laat groei en verbeter.

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

2 gedagtes oor “Hoe wys jy liefde aan God?”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.