Wat kan ons leer?

Vir my leer hierdie virussituasie net een les: bid vir ander mense.

Bid vir dié oor die wêreld wat reeds siek is. Vra dat God hulle sal genees. Bid dat God vir regerings goeie planne sal gee om die virus te keer om verder te versprei.

Bid dat al die arrogantes wat nie die maatreëls wil gehoorsaam nie, sal verander en aan dié sal dink wat hulle kan aansteek.

Ek het onlangs die boek Job gelees. Een van die insigte wat ek daarin gekry het, is al verloor ek alles, sal God nog aan my sy wees.

Hý is die enigste konstantheid in die heelal. Daarom sal Hy altyd aan ons sy wees. En dit impliseer Hy sal aan jou sy wees om jou te beskerm, versorg, te help, slim planne te gee, jou te versterk om hierdie lewe te kan leef en te kan aangaan.

Hierdie vers het die insig laat posvat dat daar regtig twee paaie in die lewe is.

Op die een pad is God en al sy liefde, versorging, genade hulp, seën en beskerming.

Op die ander pad is ondergang – net ondergang…

Mag dié bogenoemde gedagtes jou vertroos. Dit is al wat ek wil bereik met hierdie skrywe – vertroosting Mag jy vir ander mense bid. Mag dit alles jou sterk maak om te kan aangaan. 🥰

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.