God se wil

Vir lank het ek verstaan dat ek gered is omdat Jesus vir my gesterf het én opgestaan het uit die dood. En nou pleit Hy vir my by God. Saak afgehandel.

Toe kom die predikant wat ons in die finale kategesejaar leer en sê: “Goeie dade soos in die Bybel beskryf is God se wil. Jy doen goeie dade omdat jy lief is vir God en dankbaar is vir wat Hy gedoen het toe Jesus gekruisig is en opgestaan het uit die dood. Liefde en dankbaarheid teenoor God is dus jou rede waarom jy sy wil doen.

Hoekom is Jesus baie ernstig dat ons God se wil moet doen ?

Antwoord? Jesus was self gehoorsaam aan God toe Hy aarde toe gekom het as mens, mense geleer het wat gehoorsaamheid aan God se wil beteken en vir ons gekruisig is. Jesus is trouens vandag nog gehoorsaam aan God omdat Hy God liefhet. Lees hier:

Dus: Jesus is gehoorsaam aan God en laat Hom deur God lei.

Jesus lei weer sy apostels en die mense wat Hom liefgehad het. Hoe? Hy leer hulle God se wil. Hy sê wat Hy sê kom van die Vader.

Hierdie hiërargie het nie verdwyn toe Jesus gesterf het op aarde nie. Nee, die Vader stuur die derde deel van die Godheid as plaasvervanger:

Ons staan dus onder die leierskap van die Heilige Gees. Uit liefde en dankbaarheid vir God en Jesus WIL ons aan die Heilige Gees gehoorsaam wees. Sodat ons aan God en Jesus gehoorsaam kan wees.

Ons moet die Heilige Gees se oorname in ons denke, emosies, geloof, woorde en dade begeer en toelaat.

Dit is in ons brein waar die Heilige Gees ons lei. Dít is waar Hy vir ons God se wil openbaar. En dit daar waar ons gehoorsaam moet wees aan Hom. Sodat ons gehoorsaam kan wees aan God en Jesus. En weet: nét dán word ons kinders van God genoem.

“…laat lei…” is vir my kragtige woorde. Dit impliseer dat omdat ons ‘n wil het, ons daardie wil moet inspan om die keuse te maak dat die Heilige Gees ons moet lei. Ja, dit is ‘n wilsbesluit om die Heilige Gees toe te laat om jou te lei.

Uit dankbaarheid vir God se liefde, Jesus se kruisiging, opstanding en intrede moet ons graag aan God die Vader gehoorsaam wil wees. Omdat ons gehoorsaam wíl wees, wil ons die liefdesbesluit neem dat ons ons deur die Heilige Gees WIL laat bestuur. Dít is waaroor dit alles gaan. Ons moet die Heilige Gees sien as ons leier wat God se wil in ons brein moet kom skryf.

Hierdie gehoorsaamheid is waaroor Jesus praat as Hy sê dat nie almal wat vir Hom “Here, Here,” sê sal die koninkryk van God ingaan nie, maar Hy wat die wil van God die Vader doen.

Kom ons doen introspeksie. Kom ons wees ongelooflik eerlik tot in ons diepste wese: Is ons gewillig om oor te gee dat die Heilige Gees ons bestuur?

Indien jou antwoord bevestigend is, onthou om elke liewe dag (selfs meer as een keer)vir hierdie oorgawe en bestuur te vra, want die mens se swakheid gaan jou elke dag hoeveel keer versoek om jouself te bestuur. Ons praat immers nou oor die stryd om jou siel.

Ek wil duidelik sê ek is nie iemand wat sommer sal sê die Heilige Gees het nou vir my so en só gesê nie. Nee, dit is aansprake waarmee ons baie versigtig moet wees.

Ek praat in hierdie skryfstuk van die stryd om elke dag gehoorsaam te wees en God te vra dat die Heilige Gees jou sal lei. Dit is iets baie anders. Dit gaan oor ons wil as offer, uit liefde en dankbaarheid oor wat Jesus vir ons gedoen het. Dit gaan oor dank vir God se meesterplan! Dit gaan daaroor dat jy jou wil uit dankbare gehoorsaamheid WIL oorgee, WIL offer.

Published by

httpafrikaansegedigte.wordpress.com

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.