Innerlike dialoog is bepalend tov jou lewe | Psigotydskrif

Innerlike dialoog is bepalend tov jou lewe | Psigotydskrif


http://www.psigotydskrif.co.za/2016/10/innerlike-dialoog-of-self-gesprekke-is-bepalend-tov-jou-lewe/

http://www.psigotydskrif.co.za/2017/08/selfgesprekke-in-die-derdepersoon-bring-emosionele-kalmte/

https://thepdcafe.com/af/hoe-positiewe-selfpraatjies-jou-lewe-kan-transformeer/

Selfgesprek of innerlike dialoog is een van my gunsteling onderwerpe! Die rede? Dit is regtig moontlik om dit te beheer en te verander. Ons is nie willose lappoppe wat alles hoef te glo en uit te leef wat ons onsself vertel nie!

Wat my betref is dit fantasties dat ek die innerlike dialoog kan aanvat en verander. Jaaahoeeee! En ek kan dit self doen deur net bietjie feite te gooi na die kant van daardie ewige negatiewe opmerkings jeens myself.

Dankie tog vir mense wat sê soek die feite. Ek glo in feite. Soos: bewys wat jy sê…In feite lê die waarheid! Òf oop en bloot òf verskuil, maar dis daar!

Ek wil al die geskrifte oor die onderwerp bietjie aanvul en verklaar: stry met jou innerlike dialoog! En stry hard en stry met feite.

Dit werk. Ek belowe. Die lekkerste deel is dat ek dan in beheer voel!

Voorbeeld: “Ek is nou nie so slim (sexy/maer/ mooi/ryk/ gewild ) soos Sancha nie, ek weet.” Veg terug.

Redeneer terug :”Ek is nie beter as iemand anders nie, maar ook nie slegter as iemand anders nie. Voor God is ons almal gelyk. Sy son laat Hy oor almal skyn. Daarom is almal vir my ook gelyk.

Ook: ek soek nie aandag nie. Ek wil nie soos iemand anders lyk, dink en doen nie. Ek wil ook nie uitstaan nie. Ek wil nie soos die massas of vir die massas lewe nie. Ek wil my eie ding doen. My eie wonderlike talente uitleef!”

Ek is werklik tevrede met die talente en aardse goed wat God vir my gegee het. Woeps! Hou die aanklagte dat ek nou nie eintlik goed genoeg is nie op.


Dan is daar die uiters gewilde stelling wat ons almal so baie moet aanhoor : “Mense hou nie eintlik van my nie.”

Redenasie: “Dit is nie waar nie. Dit is nie wat ek glo nie. Dit is nie hoe my mense my laat voel nie. My mense is almal baie, baie goed vir my. Ek weier om hierna te luister. Los my uit! Loop! Hit the road! Hamba! Geht herr aus!

In alle regverdigheid: as daar mense is wat nie van my hou nie is ek baie gemaklik daarmee. Daar is ook mense wat ek nie baie van hou nie. Ons verskil te veel, maar ek het nou nie vendettas nie. Hulle sal dit ook nooit weet nie.” En woeps hou daardie negatiewe stemmetjie op.

Weet jy wie jy is? Jou waarde is as volg: 1. God het jou na sy beeld gemaak. Het dit by jou ingesink? 2. God het jou bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak. 3. In verskeie plekke in die Bybel sê God dat Hy jou Vader en jy sy kind is. Die oppermagtige Koning van die heelal sê dit. Jy is ‘n goddelike prins of prinses. Het dit ingesink? As dit het, het jy alle rede om enige negatiewe binnegesprekke weg te redeneer.

Jy kan jou selfgesprek ontleed, gevolgtrekkings maak en selfs aanpassings maak om te groei in hierdie aspek van jou lewe! Moenie dat Satan jou boelie nie. Vra die Heilige Gees om jou te help om terug te redeneer!

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.