Lofsang

Sy sagte hand van genade
streel begrypend oor ons

getrou drup uit sy hande
sy liefdevolle versorging.


Hy tel sy palm op
rig dit op ons
seën ons in oorvloed
met sy beskerming
sy weldade…

Ek kan nie anders nie:
ek kniel voor Hom neer
kyk na bo
sluit in ontsag my oë
dankbaar bid ek tot my Heer:


“Ek loof U vir U troue liefde,
u genade, u beskerming
van altyd tot nou
het U getrou
U hand oor ons gehou!”

(San Dreyer April 2020)

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

5 gedagtes oor “Lofsang”

    1. Hallo liewe vriendin, So bly om van jou te hoor. Ek hoop die huishouding vlot beter as hier by my. Ek sukkel maar met die toewyding aan die nodige poets en poets en dan natuurlik… wasgoed. Ai. En my sop flop elke keer!
      Maar ek geniet verder die rus en vrede – soooo lekker. Ons leef eintlik al 2 jaar so. Liefie werk v d huis af en ek skryf en doen wat nodig is om alles te laat vlot.
      Ek waardeer jou skrywes. Jy moet weer die muis aankeer na jou rekenaar toe nè!
      Baie liefde!

      Like

      1. Ek is nou eers oor ons ingrendel skok, ons kaggel en braai besigheid is letterlik gestop oornag. Dit was harige dae, maar ons dien ‘n gul God. Genade op genade. Halleluja. Die muis en qwerty en ek het ‘n ooreenkoms om vernuwe van Maandag af weer saam te kuier. Wat huiswerk en so betref, ek voel self so. Ek kluisenaar ook al byna 3 haar, dis erg om die liefies 24/7 in my omtes te hê.🤗😉

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.