Vergifnis

My kop is hierdie week besig met vergifnis. Hier is ‘n paar gedigte daaroor:

Al wat oorbly tussen ons

vir jou was ek ‘n sagte vy:

die muisvoël in jou

het met ‘n skerp bek

my binneste oopgeruk

my uitgevreet…

vir dae

het my rooi vleis en pitte

bly verbleek in die son

die woede in my

het ek bestry

tot by die wete

dat al wat oorbly

tussen jou en my

is my vergifnis

en my oop oë wat jou

al vergewend sal wantrou

(San Dreyer)

******

Vergifnis

Eendag lank gelede

toe maak ons

mekaar mos seer

daarna gebeur dit

weer en weer

ons sit mekaar in kettings

om álles te kan onthou

en ons sukkel en struikel

want ons vergewe nie.

En in die spieël

sien ek verstom:

elke pad na vrede

begin by jouself!

(San Dreyer)

*****

Erken en bely

Die see spoel sy moorde

op strande uit –

‘n belydenis in die kosmos…

bly dan skuldig lek aan die kadawer

om wier en sand af te spoel,

die daad meer te ontbloot,

sy geheime oop in die sand te laat lê

en die belydenis van sonde

helend kan skoonspoel

dit wat besoedelend vergiftig

sodat die see sonder skuld

net see kan wees

(San Dreyer)

*****

Om jou te wreek

in die psige

se donkerste gat

slyp wrok sy naels

beplan hy fyn sy wraak:

wat om te wreek

hoe hy sy prooi sal bekruip

en dan veins…

skielik sy haat loslaat –

sy prooi verwoes,

alles, almal reduseer tot stof

homself laat inplof

(San Dreyer)

*****

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.