Die misleide

Die misleide


Duisende jare al
ry die ruiter
omsluier in misterie
soekend in die digte mis…

Sal die covid-19
die missluier lig
die ruiter duidelik laat sien
waaroor alles werklik gaan
wát geluk bring
wát na vrede lei
op watter pad
hy dit sal kry?

Meer nog –
sal die misleide ruiter
na dié openbaring
‘n helder insig kry
wat hom sal dring
om op dié pad te wil bly?

Published by

httpafrikaansegedigte.wordpress.com

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

2 gedagtes oor “Die misleide”

  1. ‘waaroor alles werklik gaan
    wát geluk bring
    wát na vrede lei’ …ja, as ons maar makliker maniere kon hê om die mensdom tot insig te bring. Ek weet nie wat ons sonder God se gul hart en liefde in hierdie tyd sou doen nie! Dis vir my die enigste hoop en salf, dat Hy vir ieder van ons lief het en by ons is wat ookal!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.