Die reg

Ek het diep bewus geword van die feit dat ek nie die reg het om oor my naaste se menslike foute te dink, besin of te tob nie. Nee, ek mag dit nie teen hulle hou of hulle daaroor verwerp nie, want dan is ek blatant ongehoorsaam aan God:

Daar is baie gruwels teenoor christene in Rome gepleeg. Daarom is dit gepas om te sê christene het baie om die Romeine te vergewe. So word Rome en sy geboue vir my ‘n metafoor van ander se sondes teenoor my.

Wat maak jy daarmee? Terwyl jy in Rome loop, verkyk jy jou só aan al die mooi geboue dat jy nie aan alles wat daar gebeur het, dink nie. Jy bewonder net die talent van die mense wat sulke mooi geboue kon bou. Boonop het hulle soveel minder as vandag se bouers tot hulle beskikking gehad!

In hierdie gedig is my naaste se sonde teenoor my sy Rome. My intense wens is dat ek nie aan hierdie mense se oortredings (Rome) wil dink nie, want volgens God het ek nie die reg nie

Vergewe

Ek wil nie weer

deur jóú Rome stap nie,

want jou Rome is nie

my Jerusalem nie!

Ek wil nie meer

jou afgode bekyk nie,

oor jou kolosseum

se dooie oë besin nie

óf sy gruwelarena

probeer herleef nie,

ek wil nie die wrede triomfe

van jou triomfboë oordink nie,

want my Jerusalem se vergifnis

lê nuut op die horison

onder die goddelike blou Triomfboog

van die oorwinnende ewige God!

(San Dreyer)

Published by

Gedigte wat jou laat dink.

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.