Is jy ‘n demokraat?

Covid-19: Top academics slam govt’s ‘completely unacceptable’, ‘chilling’ response to Prof Gray

Ek lees vanoggend oor die reaksie van prof. Glenda Gray (president van SA se mediese navorsing raad) se kritiek op die regering se hantering van die covid-19 krisis.

Sy sê hoofsaaklik hulle reaksie is onwetenskaplik. Hulle is kwaad dat sy haar opinie durf lug.

Nou moet sy “ondersoek” word. (Lees: soek geraamtes en dank haar af.)

Ander geleerdes het vir haar ingetree. Van prof. Gray se ondersteuners sê ons moet liewer haar uitsprake gebruik as temas vir openbare debat.

Wat ek by jou wil pleit is: leer asseblief, asseblief tog, jou kinders om ander se opinie te respekteer!

Dit begin met die eis om almal hulle opinie te gun en nie vir mekaar te lag of mekaar se opinie af te maak as ‘n dom redenasie nie.

Verder: Wie is ons om ons gesin te onderdruk met: ek het nie jou opinie gevra of nodig nie.

Daar is net een pad vir so ‘n gesinslewe: kinders praat en doen agter jou rug…

In ‘n land waar daar nie vryheid van spraak en vryheid van kritiek is nie, doen ‘n regering net wat hulle wil en hoef nooit verantwoording te doen nie.

Ons sluit dus persvryheid hierby in. As ‘n regering eers die media se monde wil snoer, weet jy eintlik begeer die regering ‘n outokrasie om tekere te gaan soos dit hulle behaag.

Dit sluit aan by my gedagte dat daar in hierdie wêreld te veel vals demokrasieë is. Dit is ‘n omkoopterm in verkiesingstyd, maar dit word nie ten volle uitgeleef in die meeste demokrasieë nie. Daarvoor is mense te lief vir mag en alleenmag (outokrasie).

Elk geval, ons mag nooit swyg as daar die geringste teken is van boelie indien iemand durf bevraagteken en durf kritiseer nie. Dit dui op mense wat ander wil vertrap, boelie en mense wat alleen wil regeer en húlle wil op almal wil afdwing. Dit is ‘n yslike groot rooi vlag!

Ons moet ‘n oop gemoed hê teenoor kritiek, bevraagteken en ander se opinie.

Sou ons motors en televisie en al die ander tegnologie gehad het as niemand ooit die uitslag van ‘n eksperiment mag bevraagteken het nie? Of nooit iemand anders se opininie in ag geneem het nie? Nooit geredeneer het oor ander moontlikhede nie? Ek glo beslis dat daar nie vooruitgang sou wees in sulke omstandighede nie, want dit onderdruk alle kreatiewe denke.

Ek stuur vir julle ‘n adres en geniet die artikel. Dit is baie leersaam!

Covid-19: Top academics slam govt’s ‘completely unacceptable’, ‘chilling’ response to Prof Gray https://m.news24.com/SouthAfrica/News/academics-weigh-in-on-action-against-gray-following-her-public-statements-20200523?isapp=true

Published by

httpafrikaansegedigte.wordpress.com

Om te dig in my taal roep my, dit dwing in my en dis lekker verby! Ek vra God om my te help dig - dus dig ons saam. Ek probeer 'n wye verskeidenheid van universele temas dek. Hoop dit sit heerlike debat aan die gang...

One thought on “Is jy ‘n demokraat?”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.